
Erasmus Liefdes Fees 2018
Kom vier saam met ons nuwe lewe en nuwe liefde wanneer
Marnus & Tanya
In die huweluk verbind word
1 September 2018 om 15:00
The Silver Sixpence
RSVP voor 31 Julie 2018
Ons Storie


Die ontmoeting…
Ek het vir Marnus in my tweede jaar by die werk ontmoet. Ons het altwee by PWC gewerk en ons moes opleiding vir ons gunstelingkliënt bywoon.
Die ontmoeting…
Ek het vir Tanya by die werk ontmoet. Ons was saam op “training”; dis waar ons mekaar die eerste keer gesien het.
Eerste indrukke…
Ons was in dieselfde span opgedeel, maar ons het nie eintlik veel met mekaar gesels nie. Ek onthou nog ek het gedink hy lyk soos ‘n baie aangename Afrikaner-seun.
Eerste indrukke…
En toe kom dié pop in wat so opgedollie is dat jy haar deur ‘n ring kan trek… Maar die meisies se gesprekke gaan oor hierdie is goed genoeg en daai is nie goed genoeg nie en sy is bietjie maar van ‘n “stuck up” pop, jy weet? Daai van jy weet jy moet ‘n iPhone hê of jy moet ‘n dit hê of ‘n dat hê. Ja, toe het dit maar toe nou so aangegaan en ek het haar nie veel aandag gegee nie. Net opgelet sy’s baie mooi.
Dankie tog vir ‘n gunstelingkliënt!
Ons twee spanne moes na ‘n paar maande weer saamwerk vir die kliënt en ons het toe al hoe meer gesels en tyd saam spandeer (baie lang koffie-breke en etenstye op PWC se daktuin).
Dankie tog vir ‘n gunstelingkliënt!
En toe is ek en sy later weer in “training” en gelukkig, tot my voordeel, is dit toe “training” oor die goed wat ek reeds baie goed ken…en ek het baie goed gelyk.
Verdere indrukke…
Ek het baie vir sy grappies gelag.
Ek onthou nog dat ek gedink het Marnus is ‘n ongelooflike aangename en aantreklike persoon. ‘n Regte “gentleman” en dat ek nie sal omgee om iemand soos hy in my lewe te hê nie.
Net jammer dat hy ‘n meisie op daardie stadium gehad het.
Verdere indrukke…
Ek en Tanya is toe in dieselfde span en ons het begin gesels oor die “training” en sy was nuuskierig oor ‘n paar goed gewees en ek het haar gehelp en ons het eintlik heel goed oor die weg gekom.
Goeie nuus!
Dit was met een van die sessies dat ek ontdek het Marnus en sy meisie is nie meer saam nie en my hartjie het sommer vinnger begin klop.
Slegte nuus!
Toe ek en my eks uit is, was ek ‘n bietjie “down” by die werk.
Sy het eendag daar verbygeloop, want hulle span het nader geskuif aan ons kantoortjie. Toe sy sien ek is af, nooi sy my: “Kom ons kry ‘n koffie en gesels op die dak”. Ek is toe nogal heel “impressed” met die “girl” wat met ‘n “total stranger” oor sy “sad”,patetiese “love life” praat.
BFFs
Marnus het al hoe meer by my kom kuier ná werk en met elke koffie-kuier, bietjie langer as voorheen gekuier, en hy het my hartjie al hoe meer begin gesteel.
BFFs
En toe het ek so een of twee keer by haar huis gekuier.
Die eerste “move”…
Ek het eers haar kollegas gevra dat ons almal saam uitgaan.
Ek het ‘n Whatsapp-groep gemaak. Ek “moes” toe natuurlik by hulle hoor wat haar nommer is. Net om, jy weet, ‘n bietjie “sneaky” te wees.
Ons het toe almal lekker gekuier by Hooters die aand.
Die eerste soen…
Tot eendag, toe hy vir twee weke (vir werk) moes landuit. Hy het my by die werk kom groet. In ‘n baie verlate “meeting room” het hy my ‘n soen gegee wat ek nooit, ooit, sal vergeet nie.
Die eerste afspraak…
Vir ons eerste “date” het ek haar Kong, in Cedar Square, toe gevat en toe omdat sy so bietjie van ‘n “wine-aholic” was, het ek vir ons ‘n Rupert & Roth Child klassieke wyn bestel. Die wyn was nie baie lekker vir my nie, maar ek dink sy het dit geniet.
Ons het daarna gaan fliek, maar nie een van ons kan onthou watter fliek ons gekyk het nie.
(Die skrywer wonder hoekom Tanya en Marnus nie kan onthou watter fliek hulle gekyk het nie. Het hulle miskien beter dinge gehad om te doen?)
Van daar af…
Van daar af het ons op allerhande avonture gegaan en ons het bitter min dinge sonder die ander een gedoen.
Van daar af…
En ja, toe van daar af…”the rest is history as they say”
Die groot vraag…
Dié avonture het vir vier jaar aangehou tot hy op ‘n baie mistige dag in November (11 November 2017 om presies te wees) my op ‘n piekniek in Kaapsehoop gevat het en my daar tussen die mooi klippe en wilde perde gevra het om sy vroutjie te word.
#ErasmusLiefdesFees2018
Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)
Die Troue
Die Venue
Die troue word gehou by die Silver Sixpence venue naby die lieflike Dullstroom area. Dit is bekend om koelerig te word in die aande so vat gerus ‘n warm dingetjie saam.
The Silver Sixpence - Marnus en Tanya Troue
Die Seremonie
Die Seremonie vind plaas in die Bos Kerk en is 14:30 vir 15:00, die bruid stap 15:00 in so almal moet asb dan reeds al sit. Dit is ‘n entjie se stap van die parkering tot by die Bos Kerk en die terrein is bietjie “bosserig”, so trek gemaklike skoene aan en maak voorsiening om vroegtydig daar te wees.

Belangrike reëlings
- Ongelukkig geen kinders nie
- Daar sal ‘n Kontantlose kroeg beskikbaar wees wat met ‘n kaart sisteem werk.
- Daar mag glad nie gerook word in of naby die Bos kerk nie.
- Daar mag geen eie drank op die perseel gebring word nie.
Verblyf
Sien die skakel om ‘n PDF weergawe van die verblyf opsies naby die venue af te laai.
Die area is ‘n lieflike area met baie om te doen so maak dit sommer ‘n heerlike wegbreek naweek.
Die Trou Span

Eugene Prinsloo
Seremonie Meester
Die man met die hardste stem verantwoordelik om die dag se reëlings deur te gee. As jy nie seker is waar jy moet wees nie, vra vir die man wat letterlik kop en skouers uit staan bo die res.
Bruid se gevolg:

Deandre Burnett
Hoofstrooimeisie
Wonderlike vriendin, verantwoordelik om bietjie gees en crazy in die span te bring, tissues rond dra, make-up checks te doen, die bruid op haar tone te hou en seker te maak almal kry betyds kos en het ‘n lekker tyd.

Elmarie Blaauw
Strooimeisie
‘n Harts vriendin, verantwoordelik om die partytjie aan die gang te sit, seker te maak niemand ry op enige trollies nie en is die Gin Jet Meester vir die aand.

Liesl Booyens
Strooimeisie
Vriendin duisend en die ou-sus van die groep, verantwoordelik om die partytjie aan die gang te hou en seker te maak almal skud bietjie biscuit.

Cari Roets
Strooimeisie
My oudste vriendin en ‘partner in crime’ van universiteits jare, verantwoordelik om almal kalm te hou, lysies te maak en te verseker dat alles volgens tyd verloop.
Bruidegom se gevolg:

Ryno Rousseau
Hoofstrooijonker

Philip Erasmus
Strooijonker

Jaco Mare
Strooijonker

Dwayne (Vlak) Rencken
Strooijonker
Geskenk Wenke
Uit groot waardering vir ons vol spens,
versoek ons eerder ‘n geldjie vir ons spaarvarkie se pens.

Ons sien uit om ons dag saam jul te deel!